Die proseseerings was vir my ongelooflik. Baie doeltrefdend.
Daar was by ons huis in gebreek op die plaas en ek het ‘n ongelooflik vrees gehad. Waar dit nooit vir my ‘n probleem was om alleen op die plaas te wees, het ek ‘n ongelooflik vrees dag en nag gehad. Ek het in die nag panic attacks gekry van vrees.
Nadat ek by Thys was vir die proseseerings het ek geen meer vrees nie en kry gee panic attacks nie. Ek voel vry en my gemoed voel lig en rustig. As ek terug dink aan die insedent is dit net vir my iets wat gebeur het, daar kom geen emosies by my op oor wat gebeur het of affekteer my op enige manier meer nie.
Tydens die proseseerings het Thys seker gemaak soos wat hy die toneel en gebeurtenes saam met my deur stap dat hy elke deeltjie met my deur werk en dat ek dit proseseer. Ek voel waarlik vry van vrees na die proseseering.