Van ek kan onthou is my lewe geteister deur depressie. Dit het vrees en minderwaardigheid veroorsaak. Ek het gevrees om alleen te wees, het vrees vir ouer mans gehad, vrees gehad vir pak kry ens. Ek is BAIE streng groot gemaak, my ma het 1 keer gepraat, as jy nie gehoor gegee het nie, sou jy die 2de maal geweet het jy moes die 1ste keer geluister het. Ek is ook op ‘n jong ouderdom deur ‘n oom wat oorkant ons gebly het en saam met my pa gewerk het, gemolesteer. Ek is een aand uit die huis uit gesluit omdat ek nie by die huis was op die uur wat my ma my gese het nie.
Die molestering het ‘n groot invloed op die intieme kant van my huwelik gehad, Ek het nie eers oor seks gepraat nie.
Ek het ongelooflik baie baat gevind by die sessies met Thys. Ek vrees nie meer om alleen te wees nie, soms is dit selfs vir my lekker. Ek kan gemaklik oor die intieme met my man of ander praat.
Ek kom ook agter dat ek dinge wat gebeur beter hanteer, want die vrees en depressie het ‘n groot invloed op my lewe en besluite gehad.